Saturday 31 December 2011

Congratulations Gareth....

Congrats BIG ONE, thanks for being such a special friend to me and Hannah Heart.... you made us proud (insert happy dance)


Gareth weer die Man



Gareth Hemingway is vir tweede agtereenvolgende jaar as Roodepoort se Speler van die Jaar gekroon na ‘n uitstekende jaar vir die ‘Poorte waarin hy in feitlik elke wedstryd gespeel het.
Hemingway is al ‘n instelling by Roodepoort sedert sy jong dae en sy teenwoordigheid, beide as speler en kaptein, het sy span vanjaar weer gedra. Hy het van voor gelei en ook nog ‘n jaar in die Leeus se amateur span gespeel. Om vir die trofee in ag geneem te word moet ‘n speler getrou oefeninge bywoon, die nodige “skills” hê en ook vir meeste van die jaar in goeie vorm gewees het.
Die jong Leander Rademeyer, in sy eerste jaar tussen die senior manne, het welverdiend die wisseltrofee, geborg deur Taylors Debt Collecors, vir Beste Vordering ontvang. Dit was sy eerste jaar as senior by die klub en hy het met die proewe reeds gewys dat hy een van die spelers gaan wees om dop te hou. “Sy commitment en voorbeeld wat hy op en van die veld af stel het hom in aanmerking gebring vir dié gesogde trofee.”
Die nuweling by die klub, Wesley Pretorius, is as die Sportman van die Jaar aangewys is. 
Daar is ook van drie staatmakers afskeid geneem wat hul tokse aan die einde van die jaar ophang. Johan Prins, Marius van der Merwe en Thys Smith is bedank vir hul onbaatsugtige diens en bydrae tot Roodepoort rugby.
Die aand het op ‘n somber noot begin met die nuus dat Johan Prins se ma vroeër die dag oorlede is en ‘n minuut se stilte is gehandhaaf.
Die volledige lys trofeewenners is:
Onder 19's
Voorspeler van die jaar  Jan Goodman
Agterspeler van die jaar  Darien Heyns
Speler van die jaar  Nico  van Eck

Onder 21's  Voorspeler van die jaar  Bradley Rowles
Agterspeler van die jaar  Steven Griffiths
Speler van die jaar  Herman Van Eck ( provincial Pumas )

Derdes
Voorspeler van die jaar  Zane Heydenrych
Agterspeler van die jaar  Eugene McCallaghan
Speler van die jaar  Kallie Jacobs
Spelers speler van die jaar  Abdullah Adams

Sables  Voorspeler van die jaar  Daniel Gibhard
Agterspeler van die jaar  Tiaan Jacobs
Speler van die jaar  Adriaan Jacobs
Spelers speler van die jaar  Adriaan Jacobs

1ste span
Voorspeler van die jaar  Nicky Cronje
Agterspeler van die jaar  Andre Botha
Speler van die jaar  Gareth Hemmingway
Spelers speler van die jaar  Johan De Waal

Ander Pryse  Junior Provinsiaal  Herman Van Eck ( provinsiaal Pumas Onder 21)
Senior Provinsiaal  Leeus Amateurs: Gareth Hemmingway, Schalk v.d Merwe, Johan Prins, Jesse Geyer, Garhard Scholtz
Beste Vordering   Leander Rademeyer
Mees Belowende Speler  Junior Gray
Sportman van die Jaar  Wesley Pretorius
Klubspan van die Jaar  1ste Span (Assupol kampioene)
Speler van die Jaar  Gareth Hemmingway

Voorsitterstrofee  Morne Pretorius

No comments:

Post a Comment